Voormalige spanmaats neem afskeid van Andrew Symonds

Krieket: Talle bekendes in Australiese krieketkringe het by familie en vriende in Townsville aangesluit vir die gedenkdiens van hul tuisdorp-speler, Andrew Symonds. Die voormalige internasionale speler het vroeër hierdie maand op die ouderdom van 47 in ‘n motorongeluk gesterf. Hy het sy land vanaf 1998 tot 2009 in al drie formate verteenwoordig. Voormalige spanmaats soos Ricky Ponting, Allan Border, Adam Gilchrist en Darren Lehmann het hul eer betoon. Die diens het gevolg ná ‘n privaat begrafnis waar ‘n krieketkolf, ‘n aantal pette en ‘n visstok volgens berigte langs die kis geplaas is.