Amerikaanse departement van justisie kondig skikkingsooreenkoms met Glencore aan

Die Amerikaanse departement van justisie het ‘n skikkingsooreenkoms van meer as 15 miljard Namibiese dollar met die Switsers-Britse mynonderneming Glencore aangekondig. Dit volg nadat Glencore skuld beken het op buitelandse omkopery en die manipulering van markte in verskeie lande. ‘n Amerikaanse prokureur, Damian Williams, sê Glencore het langer as ‘n dekade die vrye mark bedrieg om ‘n mededingende voordeel te kry.