Voormalige Wallabie Folau gaan vir Tonga speel

Rugby: Die omstrede voormalige Wallabie-agterspeler, Israel Folau, gaan na verwagting vir Tonga terugkeer na die internasionale arena. Rugby Australië het sy kontrak drie jaar gelede beëinding na ‘n homofobiese twiet. Tonga het Folau ingesluit in sy span vir Julie se Wêreldbeker-uitspeelwedstryd en die Stille Oseaan-nasiesbeker. Wêreldrugby het verlede jaar die reëls verander om ‘n speler toe te laat om een keer gedurende sy loopbaan van land te verander, na ‘n afkoelperiode van drie jaar. ‘n Speler kan skuif na ‘n land waar hy, sy ouers of grootouers gebore is. Folau se ouers is van Tonga.