Nog beskuldigdes aangekla in Transnet-korrupsiesaak

Nog beskuldigdes gaan na verwagting aansluit by die voormalige Transnet-amptenare en vennote wanneer hulle weer op 13 Julie in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn. Die gewese uitvoerende hoof van Transnet, Siyabonga Gama, die voormalige waarnemende finansiële hoofbestuurder, Garry Pita, die gewese groep-tesourier, Phetolo Ramosebudi, Eric Wood van Regiments en Trillian se direkteur van Batebestuur, Daniel Roy, word aangekla van bedrog, korrupsie en geldwassery ter waarde van 93 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Dit hou verband met Transnet se verkryging van meer as 1 000 lokomotiewe. Die beskuldigdes het borgtog van tussen 25 250 rand gekry.