Senegal se gesondheidsminister afgedank ná 11 babas in hospitaalbrand sterf

Senegal se President Macky Sall het sy gesondheidsminister, Abdoulaye Diouf Sarr , die trekpas gegee na elf pasgebore babas in ‘n hospitaal in Tivaouane gesterf toe ‘n brand in die kraamsaal uitgebreek het. Volgens die stad se burgemeester, Demba Diop Sy, kon drie babas gered word in die brand wat volgens ‘n ondersoek deur ‘n kortsluiting veroorsaak is. Sall het drie dae van rou afgekondig.