Rolstoele aan gestremdes in Erongo oorhandig

Die Erongo-streek het ‘n tekort aan gesondheidstoerusting, het die streek se goewerneur, Neville Andre Itope, tydens ‘n oorhandigingseremonie van 41 rolstoele aan gestremde Namibiërs gesê. Die internasionale Rani-groep het 25 rolstoele aan inwoners van Swakopmund en ander distrikte in die Erongo-streek geskenk, en die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, 16 rolstoele. NIMT Arandis het ook stukkende rolstoele gratis herstel. Die goewerneur het ‘n beroep op die private sektor gedoen om hul ondersteuning in dié verband aan te bied.