Namibiese junior tennisspeler speel vandag in Franse Ope
Die Namibiese junior tennisspeler, die 17-jarige Connor van Schalkwyk, speel vandag in die eerste ronde van die Franse Ope junior kampioenskappe op Roland Garros. Hy kom om elf-uur vanoggend te staan teen Dylan Jucha van Frankryk. Van Schalkwyk is vroeër vanjaar uitgenooi om aan die Internasionale Tennis-federasie se Internasionale onder.18 en A-span in Europa vanaf […]
NDF-soldaat skiet homself in barakke
‘n Korporaal in die Namibiese weermag het homself volgens die polisie met sy private pistool in die barakke by die Grootfontein militêre basis in die Otjozondjupa-streek doodgeskiet. Die 36-jarige David Shikwetepo het nie ‘n selfmoordnota agtergelaat nie, maar volgens die polisiewoordvoerder van die streek, adjudant-offisier Maureen Mbeha, word geen vuilspel vermoed nie. Die polisie se […]
Wes-Kaapse regering wil beheer oor Afrikaanse Taalmonument oorneem
Die Wes-Kaapse regering wil beheer van die Afrikaanse Taalmonument en -museum oorneem. Dr. Leon Schreiber, DA-LP het aangekondig Anroux Marais, LUR van kultuursake en sport, het die nasionale minister van sport, kuns en kultuur amptelik versoek om beheer van die monument in die Paarl na die provinsiale regering af te wentel. Schreiber het tientalle betogers […]
Zelensky en Britse premier gesels telefonies
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê hy het telefonies met die Britse eerste minster Boris Johnson gepraat om ‘n aantal onderwerpe te bespreek. Zelensky sê in ‘n twiet die twee leiers het die versterking van verdedigings-ondersteuning aan Oekraïne, die intensifisering van werk ten opsigte van veiligheidswaarborge en die verskaffing van brandstof aan Oekraïne bespreek. Die […]
Beter vertoning van Blitsbokke Londen Sewes
Die Blitsbokke het die eerste dag van die Londen-sewestoernooi onoorwonne afgesluit deur Kenia in hul laaste groepwedstryd te klop. Suid-Afrika het vier drieë gedruk om die Keniane met 24-21 te klop. Die Blitsbokke het ook vroeër Saterdag met Argentinië met 26-19 en Ierland met 19-12 afgereken. Die Suid-Afrikaners kom vanmiddag in die kwarteindronde teen Australië […]
Moord op bejaarde vrou op Mariental ondersoek
Die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, het pas aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die moord van die 83-jarige Johanna Hendrihetta (Rita) Simon op Mariental in die Hardap-streek ondersoek word. Na bewering het vier verdagtes laas nag by haar huis in Aubstraat ingebreek en haar en haar huishulp vasgebind. Verskeie items, soos […]
Hof bevind drankverbod in SA was nie onwettig
Suid-Afrikaanse Brouerye se poging om die algehele verbod op drankverkope van Desember 2020 tot Februarie 2021 onwettig te laat verklaar, het misluk. Die hooggeregshof het in ‘n meerderheidsuitspraak van twee teen een bevind die regering het binne sy magte opgetree. Die regering het ook volgens die uitspraak die reg gehad om mense se reg op gesondheidsorg […]
Druk op Britse premier neem toe om te bedank
Die druk op die Britse eerste minister, Boris Johnson, neem toe nadat ‘n parlementslid van sy eie Konserwatiewe Party bedank het weens die jongste onthullings oor Partygate. Paul Holmes was die parlementêre privaat-sekretaris in die kantoor van binnelandse sake. Hy sê die voorvalle het ‘n diep wantroue in beide die regering en die regerende party […]
Helalia Johannes wen eerste byeenkoms van Spar Grand Prix in Gqeberha
Namibië se marathon-koningin het dit weer gedoen! Helalia Johannes het die eerste byeenkoms in Gqeberha in die Spar Grand Prix 10 kilometer padwedloop-reeks vir vroue in 31 minute 53 sekondes gewen. Die naaswenner is Ethiopië se Tadu Nare en Selam Gebre derde. Johannes het in 2019 elke wedren in dié Spar Grand Prix-reeks gewen.
Meer as 160 verdagtes tydens Operasie Basadi gearresteer
Die eerste fase van die Namibiese polisie se pas afgelope Operasie Basadi is deur die bevelvoerder, generaal-majoor Anna-Marie Nainda, as suksesvol beskryf. Operasie Basadi is deur die Vroue-Netwerk-strukture uitgevoer en die fokus was op verdagtes in gevalle van geweld teen vroue, kinders en bejaardes. ‘n Totaal van 165 verdagtes van verskillende nasionaliteite is tydens die […]