Wes-Kaapse regering wil beheer oor Afrikaanse Taalmonument oorneem

Die Wes-Kaapse regering wil beheer van die Afrikaanse Taalmonument en -museum oorneem. Dr. Leon Schreiber, DA-LP het aangekondig Anroux Marais, LUR van kultuursake en sport, het die nasionale minister van sport, kuns en kultuur amptelik versoek om beheer van die monument in die Paarl na die provinsiale regering af te wentel. Schreiber het tientalle betogers vanaf ‘n DA-proteskonsert in die Paarl, wat gehou is, teen ‘n naamsverandering van die monument, toegespreek.