Hof bevind drankverbod in SA was nie onwettig

Suid-Afrikaanse Brouerye se poging om die algehele verbod op drankverkope van Desember 2020 tot Februarie 2021 onwettig te laat verklaar, het misluk. Die hooggeregshof het in ‘n meerderheidsuitspraak van twee teen een bevind die regering het binne sy magte opgetree. Die regering het ook volgens die uitspraak die reg gehad om mense se reg op gesondheidsorg en lewe te beskerm met regulasies soos die drankverbod.