Beter vertoning van Blitsbokke Londen Sewes

Die Blitsbokke het die eerste dag van die Londen-sewestoernooi onoorwonne afgesluit deur Kenia in hul laaste groepwedstryd te klop. Suid-Afrika het vier drieë gedruk om die Keniane met 24-21 te klop. Die Blitsbokke het ook vroeër Saterdag met Argentinië met 26-19 en Ierland met 19-12 afgereken. Die Suid-Afrikaners kom vanmiddag in die kwarteindronde teen Australië te staan.