Zelensky en Britse premier gesels telefonies

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê hy het telefonies met die Britse eerste minster Boris Johnson gepraat om ‘n aantal onderwerpe te bespreek. Zelensky sê in ‘n twiet die twee leiers het die versterking van verdedigings-ondersteuning aan Oekraïne, die intensifisering van werk ten opsigte van veiligheidswaarborge en die verskaffing van brandstof aan Oekraïne bespreek. Die gesprek kom terwyl toenemende verliese in die ooste Oekraïne in die gesig staar terwyl dit lyk asof Rusland verdere grondgebied in die Donbas-streek gaan inneem.