NDF-soldaat skiet homself in barakke

‘n Korporaal in die Namibiese weermag het homself volgens die polisie met sy private pistool in die barakke by die Grootfontein militêre basis in die Otjozondjupa-streek doodgeskiet. Die 36-jarige David Shikwetepo het nie ‘n selfmoordnota agtergelaat nie, maar volgens die polisiewoordvoerder van die streek, adjudant-offisier Maureen Mbeha, word geen vuilspel vermoed nie. Die polisie se ondersoek duur voort.