Namibiese junior tennisspeler speel vandag in Franse Ope

Die Namibiese junior tennisspeler, die 17-jarige Connor van Schalkwyk, speel vandag in die eerste ronde van die Franse Ope junior kampioenskappe op Roland Garros. Hy kom om elf-uur vanoggend te staan teen Dylan Jucha van Frankryk. Van Schalkwyk is vroeër vanjaar uitgenooi om aan die Internasionale Tennis-federasie se Internasionale onder.18 en A-span in Europa vanaf 4 Mei tot 11 Julie deel te neem. Van Schalkwyk is tans 53ste op die ranglys van die Internasionale Tennis-federasie en eerste in Afrika.