Okosongoro se Boma-wildveilign vind op 11 Junie plaas

Super Game en Okosongoro Safari Ranch se jaarlikse Boma-wildveiling vind plaas op 11 Junie om 12-uur die middag op die Plaas Okosongoro in die Kalkfeld-distrik. Hierdie jaar word die gasverkopers Klawerberg Stud Game Breeders verwelkom wat uitsonderlike Namibiese genetika aanbied. Staatmakers dr. Werner Rogl, Dirk de Bod van Dirk de Bod Safaris en Peter Clausen […]

Read More

SA moorde styg 22%

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, gaan na verwagting vandag die kwartaallikse misdaadsyfers bekendmaak. Hy gaan besin oor misdaad wat gepleeg is in die vierde kwartaal van die 2021/22-boekjaar. Dit handel oor alle misdaad wat tussen 1 Januarie en einde Maart vanjaar aangemeld is. Die nuuskonferensie begin 12-uur in Pretoria. Meer as ‘n duisend […]

Read More

Onderwyser met vuurwapen gedreig

Onderwysers by die Hoërskool Matthew Goniwe in Kaapstad sê hulle vrees vir hul lewe ná ‘n toename in rooftogte waarby leerders van dié skool na bewering betrokke is. ‘n Onderwyser sê ‘n graad agt- en graad tien-leerder het haar met ‘n vuurwapen gedreig en beroof. Die Wes-Kaapse sekretaris van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie, Jonavon Rustin, […]

Read More

Namibiese gesondheidsministerie verklaar “Pandemie-verdrag”by WGO

Die Namibiese gesondheidsministerie is bewus van verskeie uitsprake wat in die media en aanlyn sirkuleer oor ‘n sogenaamde “Pandemie-verdrag” onder bespreking by die 75ste Wêreldgesondheidsvergadering, wat van 22 tot 28 Mei in Genève, Switserland, gehou is. Die ministerie het ook op 1 Junie ‘n petisie van die Concerned Citizens Group of Namibia, ontvang, wat gerig […]

Read More

Museum van Namibiese Mode open sy deure vir die publiek op 8 Junie

Die nuwe Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo open sy deure vir die publiek op 8 Junie. Die Museum-vereniging van Namibië en sy vennote, die Gerda Henkel-stigting en die adjunkminister van onderwys, Faustina Caley het die museum Donderdag virtueel bekend gestel. Altesaam 23 artefakte van verskillende Namibiese gemeenskappe wat in die Etnografiese Museum in Berlyn […]

Read More

Malema vandag weer in hof

Die landdroshof in Randburg in Gauteng sal vandag slotbetoë aanhoor in die EFF-leier, Julius Malema, en die EFF-parlementslid, Mbuyiseni Ndlozi, se aanrandingsaak. Hulle word aangekla vir die aanranding van ‘n polisiekolonel tydens die begrafnis van die vryheidsaktivis Winnie Madikizela-Mandela in 2018. Die voorval is op kringtelevisie opgeneem. Die burgerregte-organisasie AfriForum se privaat vervolgingseenheid is sedert […]

Read More

Dis vandag halfeindstryd vir mans by Roland Garros

Tennis: Rafael Nadal van Spanje sal vandag sy aanslag voortsit om sy rekord van 14 Franse Ope-titels en 22 grand slam-titels te verbeter. Hy en die Duitser, Alexander Zverev, meet vandag kragte in die halfeindstryd op die Philippe Chatrier-baan. Nadal vier ook vandag sy 36ste verjaardag. As Zverev vandag wen, staan hy ‘n goeie kans […]

Read More

Numsa-lede staak by busagentskap

Lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa, in die Hlanganani-streek begin vandag met ‘n volskaalse staking by Xtremetec. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê dis ‘n wettige staking omdat die Tshwane-busagentskap se bestuur werkstoestande eensydig verander het. Sy sê ‘n skof-plan is ingestel sonder dat die vakbond of werkers geraadpleeg is.

Read More

Chinese sakevrou gooi glo urine op Namibiese handelaar

Die Namibiese polisie se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga het opdrag gegee dat ‘n Chinese sakevrou weer in hegtenis geneem word nadat sy Donderdagnamiddag in hegtenis geneem en weer vrygelaat is nadat sy glo urine op ‘n Namibiese handelaar en dié se goedere gegooi het. Die voorval het plaasgevind by die Stop and Shop in Okuryangava in […]

Read More

Windhoekse stadspolisiehoof ontken Chinese vrou kry spesiale behandeling

Windoekse stadspolisiehoof Abraham Kanime het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat ‘n Chinese sakevrou nie spesiale behandeling tydens haar inhegtenisname gekry het nie. Die Namibiese polisie se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga het opdrag gegee dat die Chinese vrou weer in hegtenis geneem word nadat sy gearresteer en weer vrygelaat is nadat sy glo urine op ‘n […]

Read More