Museum van Namibiese Mode open sy deure vir die publiek op 8 Junie

Die nuwe Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo open sy deure vir die publiek op 8 Junie. Die Museum-vereniging van Namibië en sy vennote, die Gerda Henkel-stigting en die adjunkminister van onderwys, Faustina Caley het die museum Donderdag virtueel bekend gestel. Altesaam 23 artefakte van verskillende Namibiese gemeenskappe wat in die Etnografiese Museum in Berlyn was, sal deel vorm van die uitstalling in die nuwe museum. Ndapewoshali Ashipala, die waarnemende direkteur van die Museum-vereniging nooi Namibiërs uit om die museum te besoek.