Malema vandag weer in hof

Die landdroshof in Randburg in Gauteng sal vandag slotbetoë aanhoor in die EFF-leier, Julius Malema, en die EFF-parlementslid, Mbuyiseni Ndlozi, se aanrandingsaak. Hulle word aangekla vir die aanranding van ‘n polisiekolonel tydens die begrafnis van die vryheidsaktivis Winnie Madikizela-Mandela in 2018. Die voorval is op kringtelevisie opgeneem. Die burgerregte-organisasie AfriForum se privaat vervolgingseenheid is sedert Januarie 2019 by die saak betrokke.