Namibiese gesondheidsministerie verklaar “Pandemie-verdrag”by WGO

Die Namibiese gesondheidsministerie is bewus van verskeie uitsprake wat in die media en aanlyn sirkuleer oor ‘n sogenaamde “Pandemie-verdrag” onder bespreking by die 75ste Wêreldgesondheidsvergadering, wat van 22 tot 28 Mei in Genève, Switserland, gehou is. Die ministerie het ook op 1 Junie ‘n petisie van die Concerned Citizens Group of Namibia, ontvang, wat gerig is aan die staatshoofde van lidlande van die VN se Algemene Vergadering, die eerste minister en minister van gesondheid. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is talle verkeerde bewerings in dié verband.