Dis vandag halfeindstryd vir mans by Roland Garros

Tennis: Rafael Nadal van Spanje sal vandag sy aanslag voortsit om sy rekord van 14 Franse Ope-titels en 22 grand slam-titels te verbeter. Hy en die Duitser, Alexander Zverev, meet vandag kragte in die halfeindstryd op die Philippe Chatrier-baan. Nadal vier ook vandag sy 36ste verjaardag. As Zverev vandag wen, staan hy ‘n goeie kans om sy eerste grand slam-titel op te raap. In die ander halfeindstryd sal die agste gekeurde Noorweër Casper Ruud, te staan kom teen die Kroaat, Marin Cilic.