Numsa-lede staak by busagentskap

Lede van die metaalwerkersvakbond, Numsa, in die Hlanganani-streek begin vandag met ‘n volskaalse staking by Xtremetec. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê dis ‘n wettige staking omdat die Tshwane-busagentskap se bestuur werkstoestande eensydig verander het. Sy sê ‘n skof-plan is ingestel sonder dat die vakbond of werkers geraadpleeg is.