Windhoekse stadspolisiehoof ontken Chinese vrou kry spesiale behandeling

Windoekse stadspolisiehoof Abraham Kanime het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat ‘n Chinese sakevrou nie spesiale behandeling tydens haar inhegtenisname gekry het nie. Die Namibiese polisie se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga het opdrag gegee dat die Chinese vrou weer in hegtenis geneem word nadat sy gearresteer en weer vrygelaat is nadat sy glo urine op ‘n Namibiese handelaar en dié se goedere gegooi het. Die voorval het plaasgevind by die Stop and Shop in Okuryangava in Windhoek. Die Chinese vrou is aangekla van opsetlike beskadiging van eiendom en crimen injuria, maar vrygelaat. Omstanders het Windhoekse stadspolisiebeamptes daarvan beskuldig dat die Chinese vrou spesiale behandeling kry, omdat sy in ‘n ongemerkte sedanvoertuig vervoer is, terwyl die klaer in ‘n polisiewa vervoer is. Kanime het verweer die Chinese vrou moes teen die woedende gemeenskap beskerm word.