Malema en kie se ontslagaansoek van die hand gewys

Die EFF-leier Julius Malema en parlementslid Mbuyiseni Ndlozi se ontslagaansoek is deur die landdroshof in Randburg van die hand gewys. Hulle word aangekla dat hulle ‘n beampte aangerand het tydens Winnie Mandela se begrafnis in 2018. Die voorsittende landdros Leiland Poonsamy sê die staat het genoeg bewyse voorgelê vir die verhoor om voortgesit te word.

Read More

Klimaatsverandering het impak op voëls se broeiprestasie 

Vinnige klimaatsverandering kan die fisiologie, optrede en voortplantingsukses van diere negatief raak. Volgens Nicholas Pattinson van die Percy Fitzpatrick-instituut vir Afrika-voëlkunde aan die Universiteit van Kaapstad kan hoë temperature, wat hittegolwe insluit, negatief inwerk op broeiprestasie. Pattinson sê dit kan lei tot verminderde kanse vir jong voëls om te oorleef tot volwassenheid. 

Read More

Urine-saak: Moet Chinese vrou gedeporteer word?

‘n Chinese sakevrou, die 45-jarige Weng Long Zumei wat skuld erken het dat sy urine op ‘n straatverkoper by Stop n Shop gegooi het, veroorsaak ‘n openbare herrie ná haar arrestasie en boete van een duisend Namibiese dollar. Namibiërs sê nou hulle is moeg vir die slegte behandeling van Chinese en daar is ‘n oproep […]

Read More

SA se seksuele misdrywe styg met 13,7%

Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, sê ‘n toename van 13,7 persent is aangeteken in sake van seksuele misdrywe, met kontak-seksuele misdrywe wat die enigste afname in hierdie misdaadkategorie getoon het. Hy het die misdaadstatistiek vir die eerste drie maande van vanjaar bekend gestel. Cele sê 10 818 mense is in hierdie tydperk in […]

Read More

Namibiese Korrektiewe Dienste voel nog nie die ekonomie knyp

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het gesê die styging van voedselpryse soos koring en olie is nie ‘n groot probleem vir hulle nie. Adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange het gesê hulle voel nog nie regtig die impak van die prysstygings nie. Hy het gesê hulle produseer hul eie produkte soos hulle bak brood en kweek groente wat help […]

Read More

Oshana-goewerneur bekommerd oor droogte

Oshana se streeksgoewerneur Elia Irimari sê st streek staar ‘n potensiële risiko van droogte in die gesig na die onreëlmatige reënval in die somer. Hy moedig boere aan om sekere saadvariëteite te gebruik en om landbou-beginsels na te kom. Hy sê die bewaringsmetodes sal opbrengste verbeter in tye van droogte. Hy sê boere wat plaaslike […]

Read More

Ramaphosa sê armoede is kernoorsaak van SA se misdaadprobleem

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die maatskaplike en ekonomiese toestande waaronder Suid-Afrikaners leef is die kern-oorsaak van die land se misdaadprobleem, tesame met misdadige elemente wat gemeenskappe in vrees laat leef. Hy het met verteenwoordigers van politieke partye vergader om hulle kommer oor die land se veiligheidsituasie en landsburgers se ekonomiese probleme te bespreek. Die […]

Read More

Elton Jantjies se saak uitgestel

Die landdroshof in Kemptonpark het die saak teen die Springbok-losskakel Elton Jantjies tot 17 Junie uitgestel. Jantjies word aangekla van kwaadwillige saakbeskadiging. Die losskakel het glo verlede maand toerusting beskadig aan boord van ‘n vlug van Doebai na Johannesburg.

Read More

Urine-saak: Chinese vrou betaal boete van slegs N$1 000

Die Chinese sakevrou wat urine op ‘n straathandelaar en haar goedere by Stop n Shop in Okuryangava in Windhoek gegooi het, het vandag in die Katutura-landdroshof verskyn. Die 45-jarige Weng Long Zumei het skuldig gepleit op klagte van die opsetlike beskadiging van eiendom en crimen injuria. Sy is tot ‘n boete van 1 000 Namibiese […]

Read More

Duisende doen aansoek vir 48 tydelike poste

Duisende werklose kandidate het na die Zambezi-streeksdirektoraat van veeartsenydienste gestroom om ‘n kans te hê op 48 tydelike poste in ‘n oënskynlike loting. Stukke papier met die woord ‘ja’ of ‘nee’ daarop geskryf sal bepaal of ‘n posisie gekry is of nie. Die 48 gelukkige suksesvolle werksoekers sal vir drie maande in diens geneem word […]

Read More