Namibiese Korrektiewe Dienste voel nog nie die ekonomie knyp

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het gesê die styging van voedselpryse soos koring en olie is nie ‘n groot probleem vir hulle nie. Adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange het gesê hulle voel nog nie regtig die impak van die prysstygings nie. Hy het gesê hulle produseer hul eie produkte soos hulle bak brood en kweek groente wat help om koste te bespaar. Shaalulange sê hy verwag dat die pryse van kunsmis gaan styg.