Oshana-goewerneur bekommerd oor droogte

Oshana se streeksgoewerneur Elia Irimari sê st streek staar ‘n potensiële risiko van droogte in die gesig na die onreëlmatige reënval in die somer. Hy moedig boere aan om sekere saadvariëteite te gebruik en om landbou-beginsels na te kom. Hy sê die bewaringsmetodes sal opbrengste verbeter in tye van droogte. Hy sê boere wat plaaslike variëteite geplant het, word gekonfronteer met die potensiële uitdaging van lae opbrengste en die aantal saadkwekers het in die streke toegeneem. Irimari het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.