Ramaphosa sê armoede is kernoorsaak van SA se misdaadprobleem

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die maatskaplike en ekonomiese toestande waaronder Suid-Afrikaners leef is die kern-oorsaak van die land se misdaadprobleem, tesame met misdadige elemente wat gemeenskappe in vrees laat leef. Hy het met verteenwoordigers van politieke partye vergader om hulle kommer oor die land se veiligheidsituasie en landsburgers se ekonomiese probleme te bespreek. Die Presidensie sê Ramaphosa het die partye vertel van pogings om wetstoepassingsagentskappe se integriteit en vermoë te herbou, die inwerkingstelling van die grensbestuurs-agentskap en doeltreffender toepassing van immigrasie- en arbeidswette.