Curriebeker: Pumas wen net-net teen Cheetahs
Die Pumas het Vrydagaand in Bloemfontein ‘n naelskraapse oorwinning van 29-28 oor die Cheetahs in ‘n Curriebeker-wedstryd behaal. Die oorwinning bied die Poemas steeds ‘n kans om die halfeindstryd te haal. Griekwas moes vroeër alles in die stryd werp vir ‘n oorwinning van 43-41 oor die Westelike Provinsie in Stellenbosch. Die tuisspan was rustyd 35-19 […]
Kommissie vergader die week oor Heineken se aankoop van NBL
Ondersoek na die multi-miljard-dollar-transaksie tussen Heineken NV en Namibië Brouerye deur die Namibië Mededingingskommissie duur voort. Die kommissie ondersoek die moontlike impak daarvan op mededinging in die plaaslike bierbedryf. Die kommissie sal volgende week ‘n belanghebbendekonferensie hou na aanleiding van ‘n openbare konsultasieproses wat aan die begin van Maart vanjaar afgesluit het. Daarna sal sy […]
AU-hoof vergader met Putin oor graanvoorsiening
Die president van Senegal, Macky Sall, het in sy hoedanigheid as voorsitter van die Afrika-unie met die Russiese president, Vladimir Putin, ontmoet. Sall het bevestig dat Putin bereidwilligheid getoon het om die meer as 20 miljoen ton graan, wat in die Oekraïne by die Swartsee vasgekeer is, te laat uitvoer. Op die oomblik blokkeer sy […]
Numsa eis dat Comair-hoof verwyder word
Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, het gevra vir die verwydering van die uitvoerende hoof van Comair, Glen Orsmond. Lede van die vakbond het Vrydag voor die onderneming se hoofkwartier in Kemptonpark, Gauteng, betoog. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Orsmond het keer op keer bewys hy is nie in staat om die lugdiens doeltreffend te bestuur […]
Sport kook die naweek met Tara en rugby
Daar is lekker plaaslike sport die naweek. Die Windhoek Motorklub Tara Tydren is terug en skop vanoggend om agt-uur af by die Tony Rust-renbaan in die hoofstad. Die tydren het nie in 2020 of 2021 plaasgevind nie as gevolg van Covid. Vandag sal die spanne net meer as 427 kilometer aflê vanaf Tony Rust, oor […]
Namibiese adjunk-president woon Stockholm+50-konferensie by
Namibiese adjunk-president Nangolo Mbumba het ‘n beroep op lidlande en belanghebbendes gedoen om hul verbintenis tot die Stockholm-verklaring van 1972 te hernu om samewerking te bevorder en te versterk en die implementering van multilaterale besluite te verbeter. Die Stockholm-verklaring het omgewingskwessies op die voorpunt van internasionale bekommernisse geplaas en die begin was van ‘n dialoog […]
DA: Sassa laat onvangers van toelae weer in die steek
Die DA sê miljoene mense wat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid se toelaes ontvang, is weer in die steek gelaat. Volgens die party het verslae tegniese foute aan Sassa se kant uitgelig wat veroorsaak het die betaling van die ouderdomstoelae is vanaf die 3 Junie na 2 Junie vervroeg en gevolglik was fondse nie […]
Morné Steyn sit môre op die Bulle-bank
Rugby: Jake White het net een verandering aan die Bulle se span gemaak vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen die Haaie op Loftus. Arno Botha vervang die beseerde Cyle Brink op flank in die span wat die Ospreys geklop het in die laaste groepswedstryd. White het die bank effens verander, met die betroubare veteraan-Springbok-losskakel, Morné […]
WGO: Slegs vyf Afrikalande het inentingsteiken van 70% bereik
Die Wêreldgesondheids-organisasie waarsku dat slegs vyf Afrika-lande die teiken bereik het om 70 persent van hul bevolking teen Covid-19 in te ent. Pogings is die afgelope twee jaar versterk om Covid-entstowwe in Afrika te vervaardig, maar die organisasie sSe hy is bekommerd dat die entstowwe nie die mense bereik wat dit die nodigste het nie. […]
Interpol in SOAG is bekommerd oor toename in kubermisdade
Interpol in die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap-streek is bekommerd oor die toename in kubermisdade. Dit kom te midde van die opkoms van nuwe terroristegroepe wat waarskynlik die streek se bestendigheid gaan bedreig. Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, glo oorgrens-georganiseerde misdaad tref die streek swaar. Die opmerkings is gemaak tydens die Suider-Afrika Streekspolisiehoofde-samewerkings-organisasie se jaarvergadering in Pretoria. Masemola […]