Morné Steyn sit môre op die Bulle-bank

Rugby: Jake White het net een verandering aan die Bulle se span gemaak vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen die Haaie op Loftus. Arno Botha vervang die beseerde Cyle Brink op flank in die span wat die Ospreys geklop het in die laaste groepswedstryd. White het die bank effens verander, met die betroubare veteraan-Springbok-losskakel, Morné Steyn, en die loskopstut, Lizo Gqoboka, wat ingesluit is. White verwag ‘n baie taai stryd nadat sy span in die groepfase twee keer teen die Durbaniete verloor het. Afskoptyd is môre-middag om kwart voor twee.