Sport kook die naweek met Tara en rugby

Daar is lekker plaaslike sport die naweek. Die Windhoek Motorklub Tara Tydren is terug en skop vanoggend om agt-uur af by die Tony Rust-renbaan in die hoofstad. Die tydren het nie in 2020 of 2021 plaasgevind nie as gevolg van Covid. Vandag sal die spanne net meer as 427 kilometer aflê vanaf Tony Rust, oor Wilhelmstal en Okahandja, net om weer in die hoofstad af te sluit. Daar is 11 dele wat vandag uitgespook word. En dan om vier-uur vanmiddag, sal die Windhoek Draught Welwitschias Vyftiental, onder leiding van kaptein Prince !Gaoseb, hul vriendskaplike rugbywedstryd teen die Vodacom Blou Bulle uitnodigingspan, op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad speel.