Curriebeker: Pumas wen net-net teen Cheetahs

Die Pumas het Vrydagaand in Bloemfontein ‘n naelskraapse oorwinning van 29-28 oor die Cheetahs in ‘n Curriebeker-wedstryd behaal. Die oorwinning bied die Poemas steeds ‘n kans om die halfeindstryd te haal. Griekwas moes vroeër alles in die stryd werp vir ‘n oorwinning van 43-41 oor die Westelike Provinsie in Stellenbosch. Die tuisspan was rustyd 35-19 voor. Die Haaie pak die Leeus vanaand in Durban.