Kommissie vergader die week oor Heineken se aankoop van NBL

Ondersoek na die multi-miljard-dollar-transaksie tussen Heineken NV en Namibië Brouerye deur die Namibië Mededingingskommissie duur voort. Die kommissie ondersoek die moontlike impak daarvan op mededinging in die plaaslike bierbedryf. Die kommissie sal volgende week ‘n belanghebbendekonferensie hou na aanleiding van ‘n openbare konsultasieproses wat aan die begin van Maart vanjaar afgesluit het. Daarna sal sy uitspraak gemaak word, soos Yanna Smith berig.