DA: Sassa laat onvangers van toelae weer in die steek

Die DA sê miljoene mense wat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid se toelaes ontvang, is weer in die steek gelaat. Volgens die party het verslae tegniese foute aan Sassa se kant uitgelig wat veroorsaak het die betaling van die ouderdomstoelae is vanaf die 3 Junie na 2 Junie vervroeg en gevolglik was fondse nie beskikbaar nie. Baie pensioentrekkers moes dus wag vir hul uitbetalings. Die DA-lid, Bridget Masango, sê die party is oorval met boodskappe en oproepe wat die chaos blootgelê het wat in kruidenierswinkels ondervind is.