Brandstofprys het beduidende impak op Wes-Kaapse boere
Die uitvoerende hoof van Wes-Kaap Agri in Suid-Afrika, Jannie Strydom, sê die petrol- en dieselprysstygings gaan die landbousektor hard slaan. Die Wes-Kaap is een van die land se hooflandbouprovinsies. Strydom voeg by met die plantseisoen wat sy einde nader, sal produsente die huidige brandstofprysstygings moet absorbeer.
Groenwaterstof: Dis nou die jeug se kans
Na die suksesvolle besoek aan die Wêreld Ekonomiese Forum WEF deur die Namibiese afvaardiging, word daar berig dat Namibië sy groenwaterstofprojekte baie goed bemark het. Daar is hoop dat die tipe beleggings werkloosheid in die land kan aanspreek. Die tegniese adviseur vir groenwaterstof in die ministerie van myne en energie Frans Kalenga gesels met Kosmos […]
Man vas vir 4 ongeslypte diamante
Die Namibiese polisie sê ‘n 29-jarige Namibiese burger is in hegtenis geneem op klagte van diamantsmokkelary. Volgens die mag is die man by die Namdeb-blokkade naby Oranjemund gevang met vier diamante in sy besit. Na ‘n ondersoek by sy woning is 16 000 Namibiese dollar in kontant gevind. Nampol sê ‘n ondersoek is ook van […]
Ek het nog nooit geld gesteel nie – Cyril
ANC-president Cyril Ramaphosa sê hy het nog nooit geld van belastingbetalers gesteel nie en sy integriteit as leier sal hom ook nooit toelaat om dit te doen nie. Die president het verwikkelinge rondom ‘n rooftog by sy Phala Phala-wildplaas in Limpopo verduidelik. Die voormalige spioenbaas Arthur Fraser het verlede week ‘n strafregtelike klag oor die […]
Putin waarsku oor beloofde militêre hardeware van Brittanje, VSA
Rusland se president, Vladimir Putin, waarsku dat Moskou gedwing sal word om nuwe teikens aan te val indien die Weste langafstand-vuurpylstelsels aan Oekraïne voorsien. Dit volg nadat Amerika en Brittanje aangedui het hulle gaan langafstandmissiele na Oekraïne stuur. Russiese kruisermissiele het gister ‘n spoorweg-depot in Kiëf getref. Dit was die eerste lugaanval in weke op […]
IPC maak museum, Alte Feste skoon
Lede van die Independent Patriots of Change het Saterdag rondom die Onafhanklikheidsmuseum in die hoofstad die gebied opgeruim en die groep sal die komende week oorbeweeg na die Alte Feste om die area ook skoon te maak. Die gebied is ‘n trekpleister vir toerisme en die instandhouding daarvan is die regering se verantwoordelikheid, nie Stad […]
Ryanair beken ‘Afrikaans-skandaal’
Die Ierse lae-koste lugredery het bevestig hy het reisigers met Suid-Afrikaanse paspoorte gevra om ‘n vraelys in Afrikaans in te vul voordat hulle toegelaat is om aanboord van sy vliegtuie te gaan. Na wat berig word sê die redery dit is gedoen om seker te maak passasiers se dokumente is wettig. Volgens Ryanair is daar […]
US$400m verduister in DRK-mynmaatskappy
Meer as 400 miljoen Amerikaanse dollar in belastingvoorskotte en lenings wat die Demokratiese Republiek van die Kongo se staatsmynmaatskappy Gecamines gesê hy aan die nasionale tesourie betaal het, is weg. Die DRK-regering se waghond vir openbare finansies het die oudit voltooi. Die maatskappy gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk onder aantygings van korrupsie, wat die […]
Palestynse boere sukkel met bek- en kouseer
’n Uitbreking van bek- en klouseer in die Wesoewer vroeg vanjaar het die vrektes van duisende vee veroorsaak, wat Palestynse boere, wat reeds onder besetting leef, tot op die rand van bankrotskap dryf het. Boere in die gebied sê hulle word deur die Palestynse Owerheid onderbedien en staar voortdurende bedreigings van Joodse setlaars in die […]
Omusati fokus nou op dienslewering
Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, sê hulle is tans besig met dienslewering noudat daar ‘n begroting is. Inwoners vra al jare vir watertoevoer na gebiede waar daar nie toegang tot water is nie. Endjala het gesê dit is die projek waarop hulle tans fokus en hoop dit sal die toeganklikheid verhoog wanneer dit […]