Ryanair beken ‘Afrikaans-skandaal’

Die Ierse lae-koste lugredery het bevestig hy het reisigers met Suid-Afrikaanse paspoorte gevra om ‘n vraelys in Afrikaans in te vul voordat hulle toegelaat is om aanboord van sy vliegtuie te gaan. Na wat berig word sê die redery dit is gedoen om seker te maak passasiers se dokumente is wettig. Volgens Ryanair is daar ‘n toename in passasiers wat probeer om met vervalste Suid-Afrikaanse paspoorte te reis. Reisigers wat nie Afrikaans praat nie, veroordeel die stap as ‘n poging tot die opstel van rasse-profiele.