Palestynse boere sukkel met bek- en kouseer

’n Uitbreking van bek- en klouseer in die Wesoewer vroeg vanjaar het die vrektes van duisende vee veroorsaak, wat Palestynse boere, wat reeds onder besetting leef, tot op die rand van bankrotskap dryf het. Boere in die gebied sê hulle word deur die Palestynse Owerheid onderbedien en staar voortdurende bedreigings van Joodse setlaars in die gesig. Palestynse boere het die owerheid blameer vir die staking van ‘n inentingsprogram wat noodsaaklik was om vee teen die endemiese siekte te beskerm en met diere wat afwesig is van groot stukke weiveld, vrees boere grondvergrype deur Joodse setlaars sal toeneem. ’n Nuwe stam van bek-en-klouseer, wat potensieel dodelike koors en blase by jong diere veroorsaak, is verlede November in Jordanië by vee opgespoor. Dit het vinnig na die Wesoewer versprei.