US$400m verduister in DRK-mynmaatskappy

Meer as 400 miljoen Amerikaanse dollar in belastingvoorskotte en lenings wat die Demokratiese Republiek van die Kongo se staatsmynmaatskappy Gecamines gesê hy aan die nasionale tesourie betaal het, is weg. Die DRK-regering se waghond vir openbare finansies het die oudit voltooi. Die maatskappy gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk onder aantygings van korrupsie, wat die maatskappy ten sterktste ontken. ‘n Totaal van 591 miljoen Amerikaanse dollar is oorbetaal maar, net 178 miljoen dollar kan opgespoor word. Die ouditeure se ondersoek duur volgens berigte voort.