IPC maak museum, Alte Feste skoon

Lede van die Independent Patriots of Change het Saterdag rondom die Onafhanklikheidsmuseum in die hoofstad die gebied opgeruim en die groep sal die komende week oorbeweeg na die Alte Feste om die area ook skoon te maak. Die gebied is ‘n trekpleister vir toerisme en die instandhouding daarvan is die regering se verantwoordelikheid, nie Stad Windhoek nie. Maar, dit lyk bedroef. Fritz Kaufmann, ‘n IPC-lid en deel van die span, sê meer lede van die gemeenskap sal die komende week by hul aansluit.

Verlede jaar het ‘n groep Windhoekers ook die gebied voor die Alte Feste skoongemaak. Die grasperk rondom die Onafhanklikheidsmuseum was in stand gehou maar niks is voor die Duitse fort gedoen nie.