Putin waarsku oor beloofde militêre hardeware van Brittanje, VSA

Rusland se president, Vladimir Putin, waarsku dat Moskou gedwing sal word om nuwe teikens aan te val indien die Weste langafstand-vuurpylstelsels aan Oekraïne voorsien. Dit volg nadat Amerika en Brittanje aangedui het hulle gaan langafstandmissiele na Oekraïne stuur. Russiese kruisermissiele het gister ‘n spoorweg-depot in Kiëf getref. Dit was die eerste lugaanval in weke op die hoofstad. Oekraïne se adjunkminister van verdediging het Westerse lande gevra om ‘n gereelde voorraad wapens te verskaf om te help om Rusland te oorwin.