Man vas vir 4 ongeslypte diamante

Die Namibiese polisie sê ‘n 29-jarige Namibiese burger is in hegtenis geneem op klagte van diamantsmokkelary. Volgens die mag is die man by die Namdeb-blokkade naby Oranjemund gevang met vier diamante in sy besit. Na ‘n ondersoek by sy woning is 16 000 Namibiese dollar in kontant gevind. Nampol sê ‘n ondersoek is ook van stapel gestuur in verband met georganiseerde misdaad, om te bepaal van waar die kontant bekom is. Die ondersoek duur voort.