Lewenskostes: Oorlog kan nog ‘n jaar duur
Die Buro vir Marknavorsing aan Unisa sê dit is moeilik om te voorspel hoe lank die huidige tydperk van hoë lewenskoste sal duur. Die wêreld beleef na Covid-19 voorraadketting-ontwrigtings, hoë inflasie en ‘n styging in brandstof- en elektrisiteitspryse. Die senior navorser Jacolize Meiring sê al die faktore het bygedra tot die hoë lewenskoste wat tans […]
Dippenaar moet vandag sê oor regsverteenwoordiging
Jandre Dippenaar se regsverteenwoordiging wat hy op 8 Maart vanjaar verkry het van die regsfirma Van der Merwe-Greef Andima in die siviele saak waar Antonia Joschko hom dagvaar, het op 16 Maart onttrek. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar na die noodlottige motorongeluk van 29 Desember 2014. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Sy het […]
Vyfde vlaag is stabiel – Shangula
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê die sogenaamde vyfde vlaag van Covid is op die oomblik stabiel. Die positiewe koers oor die afgelope week beweeg rondom 20 persent en laer en daar is nie aanduidings dat dit sal styg nie. Shangula kon geen inligting verskaf oor watter Omikron-variant die huidige reeks infeksies domineer nie alhoewel buurlande reeds bevestig het dat Ba.5 infeksies domineer. […]
Gupta-arrestasies wyd verwelkom
Die DA in Suid-Afrika het die inhegtenisneming van Atul en Rajesh Gupta in Dubai verwelkom. Dit volg nadat Interpol in Februarie rooi kennisgewings vir die broers uitgereik het. Hulle word gesoek in verband met ‘n saak van verkrygingsbedrog van 24,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand in die Vrystaat. Die staatskapingskommissie het in sy verslae aanbeveel strafregtelike klagte […]
Botha reageer op verklaring oor Christine, Beatrice
Henk Botha sê die verklaring deur die Suid-Afrikaanse Newton Sport Agency is verkeerd. Volgens die agentskap wil die twee ster-atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi van afrigters verander. Botha het met die media laat gisteraand vanuit Mauritius gepraat.
Kommer oor jeug wat sukkel met depressie en angs
Kommer heers dat jongmense in die streek worstel met kwessies rondom depressie en angs. Aktivistegroepe in Suid-Afrika hoop om ter herdenking van Jeugmaand die kollig te skyn op geestesgesondheids-kwessies waarmee jongmense in die buurland te kampe het. ‘n Woordvoerder van die Rhiza Babuyile-jeugorganisasie, Rodney Makube, sê die depressie spruit vanuit die ekonomiese uitdagings wat oral […]
Talle ander Afrika-lande vaar beter as Namibië – IPC
Namibië is 32 jaar oud en het baie goeie dinge gehad wat met die land gebeur het, maar soos die gesegde lui, is daar altyd ruimte vir verbetering. Namibië staar inderdaad talle uitdagings in die gesig. Imms Nashinge van die Independent Patriots for Change het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die land het goeie oomblikke […]
Namibiese damme vertoon steeds goed
Namibiese damme is tans gesamentlik 81,1 persent vol in vergelyking met 83,3 persent verlede jaar die ooreenstemmende tydperk. Die sentrale damme is heelwat leër op 57,8 persent teenoor verlede jaar se 83,3 persent dieselfde tyd met die Von Bachdam wat tans 50,8 persent vol is. Suide-damme is gesamentlik 89 persent vol, met die Neckartaldam op […]
Gupta-broers in hegtenis geneem
Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste sê hy het inligting van wetstoepassingsowerhede in die Verenigde Arabiese Emirate ontvang, dat die voortvlugtiges Rajesh en Atul Gupta in hegtenis geneem is. Die broers word gesoek in verband met die Nulane Investment-bedrog- en geldwasserysaak van 24,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat in September in die Vrystaatse Hooggeregshof in […]
Boris oorleef, maar 40% wil hom uit hê
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het ‘n mosie van vertroue oorleef en genoeg stemme van sy Konserwatiewe Party gekry om in sy amp aan te bly. Hy het 211 van die 359 Konserwatiewe wetgewers se stemme gekry. Dit is meer as die basiese meerderheid wat hy nodig gehad het om aan bewind te bly, […]