Namibiese damme vertoon steeds goed

Namibiese damme is tans gesamentlik 81,1 persent vol in vergelyking met 83,3 persent verlede jaar die ooreenstemmende tydperk. Die sentrale damme is heelwat leër op 57,8 persent teenoor verlede jaar se 83,3 persent dieselfde tyd met die Von Bachdam wat tans 50,8 persent vol is. Suide-damme is gesamentlik 89 persent vol, met die Neckartaldam op 98,5 persent, ondanks ‘n verlies van 1,819 miljoene kubieke meter water. Die Hardapdam staan op 68 persent nadat 1,627 miljoen kubieke meter water vrygelaat is.