Talle ander Afrika-lande vaar beter as Namibië – IPC

Namibië is 32 jaar oud en het baie goeie dinge gehad wat met die land gebeur het, maar soos die gesegde lui, is daar altyd ruimte vir verbetering. Namibië staar inderdaad talle uitdagings in die gesig. Imms Nashinge van die Independent Patriots for Change het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die land het goeie oomblikke gehad, maar hy meen ekonomies is die land heeltemal te ver agter. Hy het gesê die Namibiese regering is besig om verskillende ekonomiese ineenstortings te blameer, maar lande soos Botswana doen baie beter as Namibië.