Kommer oor jeug wat sukkel met depressie en angs

Kommer heers dat jongmense in die streek worstel met kwessies rondom depressie en angs. Aktivistegroepe in Suid-Afrika hoop om ter herdenking van Jeugmaand die kollig te skyn op geestesgesondheids-kwessies waarmee jongmense in die buurland te kampe het. ‘n Woordvoerder van die Rhiza Babuyile-jeugorganisasie, Rodney Makube, sê die depressie spruit vanuit die ekonomiese uitdagings wat oral ervaar word. Makube sê die Covid-19-pandemie het ook ‘n rol gespeel: