Dippenaar moet vandag sê oor regsverteenwoordiging

Jandre Dippenaar se regsverteenwoordiging wat hy op 8 Maart vanjaar verkry het van die regsfirma Van der Merwe-Greef Andima in die siviele saak waar Antonia Joschko hom dagvaar, het op 16 Maart onttrek. Joschko dagvaar vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar na die noodlottige motorongeluk van 29 Desember 2014. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Sy het reeds die saak in 2017 hangende gemaak. Haar regslui het gevra vir ‘n verhoor in die verband en regter Shafimana Ueitele, wat die saak aanhoor het dit op 24 Mei tot vandag uitgestel vir ‘n status verhoor vandag om Dippenaar se regspan te bepaal. Hy het sedert die begin van die saak groot uitdagings in die verband en is ook regshulp van die staat geweier.