Vyfde vlaag is stabiel – Shangula

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê die sogenaamde vyfde vlaag van Covid is op die oomblik stabiel. Die positiewe koers oor die afgelope week beweeg rondom 20 persent en laer en daar is nie aanduidings dat dit sal styg nie. Shangula kon geen inligting verskaf oor watter Omikron-variant die huidige reeks infeksies domineer nie alhoewel buurlande reeds bevestig het dat Ba.5 infeksies domineer. Op die oomblik is aktiewe gevalle op 2 113 met 73 pasiënte wat gehospitaliseer is met agt in hoësorg. ‘n Totaal van 28 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt.