Boris oorleef, maar 40% wil hom uit hê

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, het ‘n mosie van vertroue oorleef en genoeg stemme van sy Konserwatiewe Party gekry om in sy amp aan te bly. Hy het 211 van die 359 Konserwatiewe wetgewers se stemme gekry. Dit is meer as die basiese meerderheid wat hy nodig gehad het om aan bewind te bly, maar 148 parlementslede het teen hom gestem, wat ‘n beduidende getal is. Johnson se wenmarge is kleiner as dié van sy voorganger, Theresa May, in ‘n soortgelyke stemmery in Desember 2018. Hy het sy oorwinning as bepalend beskryf.