Protea-vroue en Ierland speel môre beslissende T20
Krieket: Môre se derde en laaste T20 in Dublin sal die reeks tussen die vrouespanne van Suid-Afrika en Ierland beslis nadat die Proteas Maandag ‘n oortuigende oorwinning behaal het. Die gasvroue het 106 vir sewe aangeteken nadat Nadine de Klerk en Tumi Sekhukhune albei twee paaltjies geneem het. Lara Goodall het daarna haar eerste vyftigtal behaal om die besoekers met […]
Ontsnapte nog nie vasgetrek
Die Erongo-polisie het hulp gevra om die 24-jarige Dylon Mourice Ezterhuizen op te spoor wat Maandag uit aanhouding ontsnap het. Volgens die polisie het die voorval na vyf-uur die middag by die Swakopmund-polisiestasie gebeur. Na bewering het die verdagte uit die polisiestasie ontsnap nadat hy en agt ander gevangenes van die Swakopmund-staatshospitaal teruggebring is waarheen […]
NV-lid: Mans word ook mishandel
Die Nasionale Vergadering het vandag na ‘n reses teruggekeer na sy amptelike pligte. Lede van die Nasionale Vergadering het dadelik ingespring met die wetsontwerpe wat nie afgehandel is nie. Een daarvan is die wetsontwerp oor die bekamping van verkragting en mishandeling van vroue en kinders. Nudo se parlementslid Joseph Kauandenge het in sy debat opgestaan […]
Justisieminister: Aanlyn-geweld is steeds geweld
Die Namibiese minister van justisie Yvonne Dausab het beklemtoon dat aanlyn-geslagsgeweld ‘n menseregteskending is wat drasties toeneem. Dausab het haar eie negatiewe aanlyn-ervaring gedeel en gesê aanlyn-geweld is steeds geweld. Sy was ‘n spreker by die bekendstelling van die verslag oor aanlyn-geslagsgeweld.
Gupta-broers kan dadelik vir borgtog aansoek doen
Sou die Gupta-broers, Rajesh en Atul aan Suid-Afrika uitgelewer word, sal hulle dadelik kan aansoek doen om borgtog, nes enige ander persone, sê regskenners. Of dit toegestaan sal word, is ‘n ander saak. Die broers sal dan heel waarskynlik in een van hul luukse huise in Kaapstad of Johannesburg tuisgaan, wat onder bewaring van die […]
Brand by vraghouerdepot in Bangladesj in bedwang gebring
Die brand wat Saterdag by ‘n vraghouerdepot in Bangladesj uitgebreek het, is vandag in bedwang gebring, berig internasionale nuusagentskappe. Minstens 41 mense is in die ontploffings en die brand by die depot dood. ‘n Vraghouer met waterstofperoksied was straks die oorsaak van die brand.
Padvragvereniging in SA bekommerd dat vragmotorkapings sal toeneem
Die Padvragvereniging in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek omdat vragmotorkapings waarskynlik sal toeneem namate voedselpryse styg. Die jongste misdaadstatistiek toon vragmotorkapings het met 31,4 persent gestyg. Volgens die uitvoerende hoof, Gavin Kelly, het hulle reeds ‘n aantal jare ‘n toename in misdaad teen ondernemings opgemerk. Kelly sê nog ‘n bekommernis is dat beleggers ook huiwerig […]
Namibiese toerismesektor geskok dat Namibië op VSA-rooilys is
Die Namibiese toerismesektor het gereageer op die skokkende nuus dat Namibië saam met drie ander lande deur die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming op ‘n lys vir hoë risiko bestemming vir Covid-19 geplaas is. Die ander lande is Guyana, Mongolië en die Karibiese eilande St. Kitts and Nevis. Dit is ‘n verrassende wending aangesien […]
ActionSA sê sy regspanne monitor uitlewering van Gupta-broers
ActionSA sê sy regspanne is opdrag gegee om die uitlewering van die Gupta-broers te monitor. Rajesh en Atul Gupta is Maandag in die Verenigde Arabiese Emirate in hegtenis geneem. Lerato Ngobeni van ActionSA sê as ANC-politiek inmeng met geregtigheid sal die party die eerste wees om die howe te nader om staatsinstellings toerekenbaar te hou.
Dominikaanse minister in sy kantoor doodgeskiet
Die Dominikaanse omgewingsminister is in sy kantoor doodgeskiet. Die 55-jarige Orlando Jorge Mera was in ‘n vergadering toe hy geskiet is. Minstens ses skote is afgevuur. ‘n Woordvoerder van die presidensie, het die skieter as Miguel Cruz, ‘n vriend van Mera, geïdentifiseer. Cruz word aangehou en die motief vir die skietery is nog onduidelik. Cruz […]