Justisieminister: Aanlyn-geweld is steeds geweld

Die Namibiese minister van justisie Yvonne Dausab het beklemtoon dat aanlyn-geslagsgeweld ‘n menseregteskending is wat drasties toeneem. Dausab het haar eie negatiewe aanlyn-ervaring gedeel en gesê aanlyn-geweld is steeds geweld. Sy was ‘n spreker by die bekendstelling van die verslag oor aanlyn-geslagsgeweld.