Gupta-broers kan dadelik vir borgtog aansoek doen 

Sou die Gupta-broers, Rajesh en Atul aan Suid-Afrika uitgelewer word, sal hulle dadelik kan aansoek doen om borgtog, nes enige ander persone, sê regskenners. Of dit toegestaan sal word, is ‘n ander saak. Die broers sal dan heel waarskynlik in een van hul luukse huise in Kaapstad of Johannesburg tuisgaan, wat onder bewaring van die staat is.