Protea-vroue en Ierland speel môre beslissende T20

Krieket: Môre se derde en laaste T20 in Dublin sal die reeks tussen die vrouespanne van Suid-Afrika en Ierland beslis nadat die Proteas Maandag ‘n oortuigende oorwinning behaal het. Die gasvroue het 106 vir sewe aangeteken nadat Nadine de Klerk en Tumi Sekhukhune albei twee paaltjies geneem het. Lara Goodall het daarna haar eerste vyftigtal behaal om die besoekers met agt paaltjies te laat wen met vyf boulbeurte oor. Anneke Bosch het ‘n onoorwonne 32 bygedra. Ierland het die eerste wedstryd gewen. Die reeks word gevolg deur drie eendagwedstryde.