Ontsnapte nog nie vasgetrek

Die Erongo-polisie het hulp gevra om die 24-jarige Dylon Mourice Ezterhuizen op te spoor wat Maandag uit aanhouding ontsnap het. Volgens die polisie het die voorval na vyf-uur die middag by die Swakopmund-polisiestasie gebeur. Na bewering het die verdagte uit die polisiestasie ontsnap nadat hy en agt ander gevangenes van die Swakopmund-staatshospitaal teruggebring is waarheen hulle vir mediese behandeling geneem is. Ezterhuizen is ‘n inwoner van Tamariskia in Swakopmund en het familie in Rehoboth en Suid-Afrika. Die ondersoekbeampte adjunk-offisier Samuel Auxab het bevestig dat die verdagte nog nie in hegtenis geneem is nie.