Brand by vraghouerdepot in Bangladesj in bedwang gebring

Die brand wat Saterdag by ‘n vraghouerdepot in Bangladesj uitgebreek het, is vandag in bedwang gebring, berig internasionale nuusagentskappe. Minstens 41 mense is in die ontploffings en die brand by die depot dood. ‘n Vraghouer met waterstofperoksied was straks die oorsaak van die brand.